Donasies / Skenkings
Vennote
Projekte
Hoe om betrokke te raak - Druk op Die Skakel vir meer inligting
Terug na Nuus Blad
Het jy 'n Nuus Wenk/Artikel Maak Kontak met ons.
Org Meyer Voortrekkers verf Alberton pienk

Inleiding :-

Org Meyer Voortrekker Veldkornestkap, verstaan die belangrikheid van vroeë identifisering en kwaliteit kankersorg.

Skrywer of Outeur

Kategorie/ë

Hierdie projek is trots ‘Alberton’ en word aangebied deur Org Meyer Voortrekkers.

“Ek neem deel aan die Pienk Geverf-geleentheid om alle vroue te ondersteun wat aan enige tipe kanker ly, gely het of gaan ly. Ons wil hê hulle moet weet dat hulle geloof moet hê en nooit moet tou opgooi nie.”

“Let wel dat ‘n mens maar ‘n paar skewe kyke kry in die dorp, maar dit sal my nie keer om my pienk naels met trots te dra nie en volgende maand sal hulle blou en pers wees vir manlike kanker”
- Mornè Janse van Vuuren
PienkGeverf6_64366-520x390

‘n Foto van ‘n gesin se pienk geverfde naels.

Hierdie geleentheid is ‘n wonderlikke geleentheid vir enige bok-vir-sport om hulle uit te daag om hulle naels pienk te verf en dan so ook ‘n bydrae te gee vir hierdie doel.

Dit is verder belangrik om te weet dat borskanker nie alleenlik by vroue vorkom nie en dat mans ook met hierdie tipe kanker gediagnoseer word.

As mens dit vroeg genoeg ontdek voordat dit erge simptome veroorsaak, soos ‘n knop wat tydens selfondersoek of per toeval gevoel word, is daar groter kans om suksesvol behandel te word, Dus, is dit belangrik om die selfondersoekke te doen en sou jy iets voel wat nie voorheen daar was nie is dit nie nodig om bang te wees nie.

Gaan raadpleeg die dokters om te bepaal wat dit is.

PienkGeverf4_61583-520x390

Nog ‘n foto van pienk toonnaels wat met die Org Meyer Voortrekkers gedeel is.

Trouens, volgens Cansa, maak vroeë opsporing ook meer behandelingsopsies moontlik, insluitend minder uitgebreide chirurgie en die gebruik van chemoterapie met minder ernstige newe-effekte.

Ons wil dankie sê aan almal wat al deelgeneem het
- Willie-Waldo Kühn

Org Meyer Voortrekkers bedank elkeen wat deelgeneem het. “Ons weet dit gee julle tans baie pret en plesier.”
Sou jy iemand wil uitdaag vir hierdie doel stuur Willie-Waldo ‘n WhatsApp by 073 029 0052 of stuur ‘n epos aan admin@orgmeyer.co.za

Raak betrokke of Benodig jy Advies...

Raak betrokke by Die Voortrekkers - vir avontuur, waardes en vriendskap.

Jy hoef nie alleen te probeer nie. Benodig jy advies? Gesels met ons.

Druk op die skakel en maak kontak met ons - los jou telefoon nommer in die boodskap en ons maak kontak met jou.

Maak Kontak Met Ons
Facebook

Vrywaring:
Neem asseblief kennis dat enige kommentaar of inligting wat in hierdie artikel verskaf word, nie as mediese, regs- of sielkundige advies beskou moet word nie. Die inligting wat verskaf word, is die mening of insette van die skrywer of outeur soos aangedui. Tensy die outeur uitdruklik as “Org Meyer Voortrekkers” aangedui word, verteenwoordig die inhoud nie noodwendig die standpunte of beleid van Die Voortrekkers nie. Dit dien slegs as algemene leiding en inligting. Raadpleeg asseblief ’n gekwalifiseerde professionele persoon vir advies wat op u spesifieke omstandighede van toepassing is.

Terug na Nuus Blad