Verkenners
Die Voortekkers se Program
Wat is
die Verkenner-program?
Die Verkenner program, is waar jongmense buitelewe-vaardighede, selfvertroue en etiek ontwikkel deur beplande aktiwiteite met verhoogde aandag aan diens, gemeenskapsbetrokkenheid en leierskap.
Wat sal ek in Verkenners doen?
Verkenners is waar jongmense hul belangstellings verken en vaardighede ontwikkel deur deel te neem aan buitelugaktiwiteite soos stap, kampeer en kano. Voortrekkers verdien kentekens langs die pad en werk daaraan om Die Voortrekkers se hoogste rang - Presidents Verkenner - te bekom.
Hoe gereeld
ontmoet die Verkenners?
Die Span ontmoet
gewoonlik een keer per week. Spanne kan spesiale aktiwiteite hou, soos
diensprojekte of buitelug-ervarings, in plaas van of bykomend tot een van die
weeklikse vergaderings.
Wie bestuur Die Verkenners ?
In Samewerking met die Span-Offisier is daar jongmense (Spanleiers), hulle lei hul span en bestuur die vergaderings onder leiding van die Offisier en ander volwasse leiers. Anders as Ondekkers en Penkoppe & Drawwertjies, is die Verkenners 'n jeugprogram wat hoofsaaklik deur Die Voortrekkers beplan word.
Waarom moet ek by die Verkenners aansluit ?
Verkenners berei jongmense voor om etiese en morele keuses oor hul leeftyd te
maak deur die waardes van die Voortrekker-Belofte in te boesem. Gedurende hul tyd
in Die Voortrekkers leer Verkenners die waarde van harde werk en ervaar die opwinding om
dit te sien vrugte afwerp.
Wat ons leer ?
'n Kind begin die reis van selfontdekking.
In Graad 8 bou ons aan karakter en begin die kind vra: “Wie is ek?”
Christelike feesdae en geloofsbeginsels
-
Effektiewe kommunikasie en hantering van boelies
-
Vriendskap en spanbou
-
Geskiedenis van Jan van Riebeeck tot Groot Trek
-
Familiestamboom en helde
-
Historiese kultuurdae
-
Ekonomiese begrippe en paraatheid
-
Afrika-unie, volksliedere en nasionale simbole
-
Ysbrekers, speletjies en liedjies
-
Gedragskode in die veld
-
Touwerk, noodhulp en oriëntering met son en sterre
Die kind verken hul plek in die wêreld.
Teen Graad 9 verstaan kinders dat hulle ’n invloed het.
- Die Bybel en geloofsvorming
-
Sosiale media en konflikhantering
-
Spanleierskap en intergenerasies
-
Tienerdepressie en emosionele gesondheid
-
Ontstaan van Afrikaans en taalhelde
-
Groot Trek en Anglo-Boereoorlog
-
Kultuursimbole, gedenkwaardighede
-
Bestuursvaardighede en persoonlike finansies
-
Misdaadvoorkoming en tradisionele speletjies
-
Spankamp, spankos en seremonies
-
Kompasgebruik
'n Jong Volwassene ontwikkel waardes, doelgerigtheid en begin leiding neem.
In hierdie jaar vorm jou kind ‘n eie oortuiging.
- Tien Gebooie, Afrikaanse Bybel en idiome
-
Diensbare leierskap en digitale vaardighede
-
Emosionele intelligensie en selfverwesenliking
-
Probleemoplossing, verslawing en krisishantering
-
Geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog tot republiekwording
-
Ekonomiese baanbrekers, Afrikanerskap en moderne kultuur
-
Omgewingsbewaring en entrepreneurskap
-
Noodsituasies, burgerlike protes, grondwet en regte
-
Vaardigheidspeletjies, staptoere en vuurwapenveiligheid
-
Kaartwerk en padbeplanning
Hier bou ons volwasse, verantwoordelike jong volwassenes.
- Graad 11 & 12 fokus op gevorderde kentekens en spesialisasies
-
Deelname aan verskeie kampe, leierskapspanne en projekbeplanning
-
Grondige voorbereiding vir die Presidentverkenner of Hoofleierswag toekenning
-
Ontwikkeling van ‘n eie leiersfilosofie
-
Praktiese gemeenskapsdiens en spanverantwoordelikheid
-
Integrasie van geloof, kultuur, natuur en diensbaarheid in alledaagse lewe
Wat sê Die Voortrekker Reglemente
HOOFSTUK 3: LIDMAATSKAP
3. JEUGLEDE
3.3 'n Verkenner is 'n skoolgaande seun of dogter vanaf Graad 8 tot Graad 12 of ‘n seun of 'n dogter wat reeds die skool verlaat het, maar nog nie agtien (18) jaar oud is nie.
3.4 Alle jeuglede word geregistreer, betaal ledegeld, dra aktiewe en formele voortrekkerdrag en kan in aanmerking kom vir al die toekennings wat deur Die Voortrekkers gemaak word.